Ivoorkus

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search
République de Côte d'Ivoire
Republiek Ivoorkus
Vlag van Ivoorkus Wapen van Ivoorkus
Vlag Wapen
Nasionale leuse: Union – Discipline – Travail
(Frans vir: "Eenheid – Dissipline – Arbeid")
Volkslied: L'Abidjanaise
(Frans vir: "Lied van Abidjan")
Ligging van Ivoorkus
Hoofstad Yamoussoukro (polities)
Abidjan (ekonomies)

6°51′N 5°18′W / 6.850°N 5.300°W / 6.850; -5.300

Grootste stad Abidjan

5°19′N 4°2′W / 5.317°N 4.033°W / 5.317; -4.033

Amptelike tale Frans
Regering Unitêre presidensiële
republiek onder 'n
parlementêre stelsel
Alassane Ouattara
Daniel Kablan Duncan
Amadou Gon Coulibaly
Onafhanklikheid
• van Frankryk

7 Augustus 1960
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
322 463 km2  (68ste)
124 504 myl2
1,4
Bevolking
 - 2018-skatting
 - 2015-sensus
 - Digtheid
 
23 740 424[1] (54ste)
24 905 843
63,9 / km2 (139ste)
165,5 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$106,073 miljard[2]
$4 142[2]

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$42,424 miljard[2]
$1 656[2]

MOI (2015) Green Arrow Up Darker.svg 0,474[3] (171ste)  –  laag
Gini (2008) 41,5[4] –  medium
Geldeenheid CFA-frank (XOF)
Tydsone
 - Somertyd
GMT (UTC±0)
nie toegepas nie (UTC±0)
Internet-TLD .ci
Skakelkode +225

Ivoorkus of Côte d'Ivoire (Frans: [kot divwaʁ], ), amptelik die Republiek Ivoorkus of Republiek van Côte d'Ivoire (République de Côte d'Ivoire), is 'n land in Wes-Afrika. Dit grens aan Liberië, Guinee, Mali, Burkina Faso, en Ghana in die weste, noorde en ooste, en grens aan die Golf van Guinee in die suide. Ivoorkus is een van die mees welvarende lande van die tropiese Wes-Afrikaanse lande. Die land se ekonomiese ontwikkeling is deur politiese onrus veroorsaak deur amptelike korrupsie en weiering om noodsaaklike hervormings te implementeer, ondergrawe.

Etimologie[wysig | wysig bron]

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Afrikamasker uit Côte d'Ivoire

Die land het aanvanklik in Engels as Ivory Coast, bekend gestaan met ooreenstemmende vertalings in ander tale: Elfenbeinküste in Duits, Costa de Marfil in Spaans, Costa do Marfim in Portugees, Ivoorkust in Nederlands, Ivoorkus in Afrikaans en so aan. In Oktober 1985 versoek die regering dat die land as Côte d'Ivoire moet bekendstaan in alle tale. Om die waarheid te sê, volgens nasionale wetgewing kan die naam van die land nie uit Frans vertaal word nie. Die wet kan natuurlik net in die land self toegepas word.

Gebruik[wysig | wysig bron]

Ondanks die Ivoorse regeringsbepaling is Ivoorkus en die Engelse "Ivory Coast" (soms "the Ivory Coast") steeds die mees algemene naam wat onderskeidelik in Engels en Afrikaans gebruik word. Regerings gebruik egter "Côte d'Ivoire" vir diplomatieke redes. Journalistieke stylriglyne beveel gewoonlik (maar nie altyd nie) Ivoorkus of die Engelse ekwivalent Ivory Coast" aan:

Geskiedenis[wysig | wysig bron]

Pre-Europese koninkryke
Louis-Gustave Binger van Frans-Wes-Afrika het in 1892 'n verdrag onderteken met Famienkro-leiers, in hedendaagse N'zi-Comoé-streek, Ivoorkus
Aankoms van die nuwe Frans-Wes-Afrikaanse goewerneur Louis-Gustave Binger in Kong, 1892
Samori Touré – stigter en leier van die Wassoulou-ryk, 'n djihadistiese land in Wes-Afrika wat die Franse regering weerstaan het

Nie veel is bekend oor Côte d'Ivoire voor die aankoms van die Europese skepe in die 1460's nie. Die hoof-etniese groepe arriveer redelik laat uit naburige gebiede: die Kru-bevolking migreer uit Liberië in omtrent 1600; die Senoufo en Lobi beweeg suidwaarts vanuit Burkina Faso en Mali. Eers in die 18de en 19de eeue migreer die Akan-bevolkingsgroepe, insluitende die Baoulé, van Ghana na die oostelike gebied van dié land en die Malinké vanuit Guinee na die noordweste.

In vergelyking met die naburige Ghana het Côte d'Ivoire minder gelei onder die slawehandel. Europese slaaf- en handelsskepe het ander gebiede langs die kus met beter hawens verkies. Frankryk raak in die 1840's in die gebied geïnteresseerd en haal lokale hoofmanne oor om Franse kommersiële handelaars 'n monopolie langs die kus toe te staan. Daarna bou die Franse vlootbasisse om nie-Franse handelaars uit te hou en begin 'n stelselmatige verowering van die binneland. Hulle verrig dit slegs na 'n lang oorlog in die 1890's teen Mandinka-magte, meestal vanuit Gambië. Guerillaoorlogvoering deur die Baoulé en ander oostelike groepe duur voort tot 1917.

Die Franse het een oorheersende doelwit gehad: om die produksie van uitvoere te stimuleer. Koffie, kakao en palmolie-gewasse is spoedig aan die kus aangeplant. Côte d'Ivoire het opgeval as die enigste Wes-Afrikaanse land met 'n beduidende bevolking 'setlaars'; elders in Wes- en Midde-Afrika was die Franse en Engelse meestal burokrate. Gevolglik het 'n derde van die kakao-, koffie- en piesang-plantasies aan Franse burgers behoort en 'n gehate dwangarbeid die ruggraat van die ekonomie geword.

Die seun van 'n Baoulé-hoofman, Félix Houphouët-Boigny, sou Côte d'Ivoire se vader van onafhanklikheid word. In 1944 vorm hy die land se eerste lanbouhandelsvereniging vir Afrika-kakaoboere soos hy. Gegrief met die koloniale beleid wat Franse plantasie eienaars bevoordeel, verenig hulle om trekarbeiders te werf vir hulle eie plase. Houphouët-Boigny kom spoedig op die voorgrond en binne 'n jaar word hy verkies tot die Franse parlement in Parys. 'n Jaar later skaf die Franse dwangarbeid af. Soos Houphouët-Boigny liewer vir geld en mag word en meer bemin raak met die Franse, laat hy geleidelik die meer radikale standpunte uit sy jeug vaar. Frankryk vergoed hom deur hom die eerste persoon uit Afrika te maak wat 'n minister in 'n Europese regering word.

Ten tye van Côte d'Ivoire se onafhanklikheid in 1960 was die land gemaklik Frans-Wes-Afrika se mees welgestelde land en dra meer as 40% van die gebied se totale uitvoere by. Toe Houphouët-Boigny die land se eerste president word gee sy regering die boere goeie pryse om produksie verder te stimuleer. Koffieproduksie styg dan ook heelwat, wat Côte d'Ivoire na die derde plek in totale uitset, na Brasilië en Colombia, laat skiet. Met kakao gebeur dieselfde; teen 1979 is die land die wêreld se nommer een produsent. Dit word ook Afrika se voorste uitvoerder van pynappels en palmolie. Agter die skerms was dit Franse tegnici wat die brein agter die program, waarna gereeld as die 'Ivoorse wonderwerk' bestempel is. In die res van Afrika is Europeërs na onafhanklikheid uitgedryf; in Côte d'Ivoire het hulle ingestroom. Die Franse gemeenskap groei van 10 000 tot 50 000, meestal onderwysers en raadgewers. Vir 20 jaar handhaaf die ekonomie 'n jaarlikse groeitempo van byna 10% – die hoogste van Afrika se nie-olie uitvoer lande.

Polities het Houphouët-Boigny met 'n ysterhand regeer. Die pers was nie vry nie en slegs een party is verdra. Houphouët-Boigny was ook Afrika se nommer een skepper van 'skou' projekte. So veel miljoene dollars is gespandeer op die transformasie van sy tuisdorp, Yamoussoukro, na die nuwe hoofstad dat dit die onderwerpe van grappe geword het. Niemand lag egter teen die begin van die 1980's toe wêreld resessie en 'n lokale droogte skokgolwe deur die Ivoorse ekonomie stuur. Danksy die oor afkap van hout en suikerpryse wat ineenstort vermeerder die land se buitelandse skuld drievoudig. Stygende misdaad in Abidjan haal die nuus in Europa. Die wonderwerk was verby.

In 1990 staak honderde staatsamptenare waarby studente wat teen institusionele korrupsie betoog aansluit. Die onrus dwing die regering om veelparty demokrasie te ondersteun. Houphouët-Boigny word al hoe swakker en sterf in 1993. Sy keuropvolger is Henri Konan Bédié.

In Oktober 1995 wen Bédié oorweldigend in 'n herverkiesing teen 'n gefragmenteerde en swak georganiseerde opposisie. Hy verstewig sy houvas op die politieke lewe en stuur verskeie opposisie leier tronk toe. In kontras hiermee verbeter ekonomiese vooruitsigte, ten minste oppervlakkig beskou, met dalende inflasie en 'n poging om van buitelandse skuld ontslae te raak.

Ander as Houphouët-Boigny, wat baie versigtig was om enige etniese konflik te vermy en toegang tot Ivoorse nasionaliteit wys oop gelos het vir immigrante van naburige lande, beklemtoon Bedié die konsep van Ivoirité om sy mededinger Alassane Ouattara, wat slegs een ouer het van Ivoorkus nasionaliteit, uit te sluit uit toekomstige presidensiële verkiesings. Omdat mense met hulle oorsprong in Burkina Faso 'n groot deel van die Ivoorse bevolking uitmaak lei die beleid tot uitsluiting van baie mense met Ivoorse nasionaliteit en raak verhoudings tussen verskeie etniese groepe gespanne.

In parallel hiermee sluit Bédié baie politieke opponente uit die weermag. In laat 1999 voer 'n groep ontevrede offisiere 'n militêre staatsgreep uit en plaas Generaal Robert Guéi aan bewind, Bédié vlug in ballingskap na Frankryk. Die staatsgreep het die gevolg dat misdaad en korrupsie daal, en die generaals oefen druk uit vir spaarsamigheid en voer 'n openlike veldtog in die strate van die land vir 'n minder verkwistende samelewing.

'n Verkiesing word in Oktober 2000 gehou waarin Laurent Gbagbo met Robert Guéi meeding vir die presidentskap, maar dit was nóg vreedsaam nóg demokraties. Die aanloop tot die verkiesing is gekenmerk deur militêre en burgerlike onrus. Guéi se pogings om die verkiesing te dokter lei tot publieke opstand wat 180 sterftes en sy vinnige vervanging met die gunsteling om te wen, Gbagbo, tot gevolg het. Alassane Ouattara is deur die land se hooggeregshof gediskwalifiseer gegrond op sy ongeskiktheid spruitend uit sy Burkinabé-nasionaliteit. Die diskwalifikasie veroorsaak gewelddadige betogings waarin sy ondersteuners, hoofsaaklik van die land se Islamitiese noorde, met die onluste polisie in die hoofstad, Yamoussoukro, veg.

Op 19 September 2002 muit troepe en wen beheer van die noorde van die land. In Abidjan is die gendarmerie in beslag geneem deur die rebelle en voormalige president Guéi met 15 ander in sy huis vermoor. Alassane Ouattara naam skuiling in die Franse ambasade. Dit is nie heeltemal duidelik presies wat die nag van 19 September gebeur het nie; sommige verslae berig die gebeure as 'n militêre staatsgreeppoging, maar ander bronne berig dat die opponente deur pro-Gbagbo moordbendes aangeval is en dat die rebellie 'n onbeplande reaksie daarop was.

'n Vroeë skietstilstand met die rebelle wat die volle ondersteuning van die noordelike bevolking het (meestal met Burkinabé oorsprong), blyk kortstondig te wees en gevegte oor die hoof kakao gebied word hervat. Frankryk stuur troepe om die skietstilstandgrense te handhaaf. Burgermagte, met inbegrip van warlords en vegters van Liberië en Sierra Leone, buit die krisis uit om dele van die weste oor te neem.

In Januarie 2003 teken President Gbagbo en rebelleleiers verdrae om 'n 'regering van nasionale eenheid te skep'. Aandklokreëls word opgehef en Franse troepe ruim die wettelose westelike grens van die land op. Maar die sentrale vraagstukke bly onopgelos en nie een van die kante bereik hulle doelwitte nie.

Sedertdien het die eenheidsregering uiters onstabiel blyk te wees. In Maart 2004 is 120 mense in 'n opposisie-optog dood. 'n Verslag wat later gepubliseer word kom tot die gevolgtrekking dat die sterftes beplan is. Alhoewel die Verenigde Nasies vredesbewaarders ontplooi het, het verhoudings tussen Gbagbo en die opposisie aanhou versleg.

Politiek[wysig | wysig bron]

Die huidige president Alassane Ouattara

Sedert 1983 is Yamoussoukro die amptelike hoofstad; Abidjan bly egter die administratiewe sentrum. Meeste lande hou hulle ambassades in Abidjan. Die bevolking lei steeds onder die voortgesette burgeroorlog. Internasionale menseregteorganisasies wys op probleme met die behandeling van gevangene nie-stryders aan beide kante en die herverskyning van kinderslawerny onder werkers in kakaoproduksie.

Sedert die voorval op 19 September 2002 het 'n burgeroorlog uitgebreek, en is die noorde van die land deur rebelle, die New Forces (FN) in besit geneem. 'n Nuwe presidensiële verkiesing sou in Oktober 2005 gehou word. Die nuwe verkiesing kon egter nie op skedule gehou word nie as gevolg van vertragings in voorbereidings.

Administratiewe Afdelings[wysig | wysig bron]

Distrikte van Côte d'Ivoire
Nasa-Satellietbeeld van Côte d'Ivoire
Kaart van Ivoorkus

Côte d'Ivoire is sedert 2011 opgedeel in 12 distrikte wat verder verdeel word in 31 regions.

Kaart no. Distrik Hoofstad Regions Region setel Bevolking
1 Abidjan
(District Autonome d'Abidjan)
4 707 404
2 Bas-Sassandra
(District du Bas-Sassandra)
San-Pédro Gbôklé Sassandra 400 798
Nawa Soubré 1 053 084
San-Pédro San-Pédro 826 666
3 Comoé
(District du Comoé)
Abengourou Indénié-Djuablin Abengourou 560 432
Sud-Comoé Aboisso 642 620
4 Denguélé
(District du Denguélé)
Odienné Folon Minignan 96 415
Kabadougou Odienné 193 364
5 Gôh-Djiboua
(District du Gôh-Djiboua)
Gagnoa Gôh Gagnoa 876 117
Lôh-Djiboua Divo 729 169
6 Lacs
(District des Lacs)
Dimbokro Bélier Region Yamoussoukro 346 768
Iffou Daoukro 311 642
Moronou Bongouanou 352 616
N'Zi Dimbokro 247 578
7 Lagunes
(District des Lagunes)
Dabou Agnéby-Tiassa Agboville 606 852
Grands-Ponts Dabou 356 495
La Mé Adzopé 514 700
8 Montagnes
(District des Montagnes)
Man Cavally Guiglo 459 964
Guémon Duékoué 919 392
Tonkpi Man 992 564
9 Sassandra-Marahoué
(District du Sassandra-Marahoué)
Daloa Haut-Sassandra Daloa 1 430 960
Marahoué Bouaflé 862 344
10 Savanes
(District des Savanes)
Korhogo Bagoué Boundiali 375 687
Poro Korhogo 763 852
Tchologo Ferkessédougou 467 958
11 Vallée du Bandama
(District de la Vallée du Bandama)
Bouaké Gbêkê Bouaké 1 010 849
Hambol Katiola 429 977
12 Woroba
(District du Woroba)
Séguéla Béré Mankono 389 758
Bafing Touba 183 047
Worodougou Séguéla 272 334
13 Yamoussoukro
(District Autonome du Yamoussoukro)
355 573
14 Zanzan
(District du Zanzan)
Bondoukou Bounkani Bouna 267 167
Gontougo Bondoukou 667 185

Geografie[wysig | wysig bron]

Abidjan, grootste stad en voormalige hoofstad van Ivoorkus

Côte d'Ivoire is 'n land in westelike Afrika suid van die Sahara. Dit grens aan Liberië en Guinee in die weste, Mali en Burkina Faso in die noorde, Ghana in die ooste, en die Golf van Guinee (Atlantiese Oseaan) in die suide.

Ekonomie[wysig | wysig bron]

Met nou bande aan Frankryk sedert onafhanklikheid sedert 1960, diversifikasie van landbou vir uitvoer, en aanmoediging van buitelandse belegging is Côte d'Ivoire een van die mees welgestelde van die tropiese Afrikastate.

Demografie[wysig | wysig bron]

76% van die bevolking word as Ivoriane beskou. Hulle behoort tot baie verskillende groepe wat taalgewys opgesom kan word as die onder die Kwa, Kru, Mande en Gur-taalgroepe.

As gevolg van Cote d'Ivoire se vestiging is as een van die mees suksesvolle lande in Wes-Afrika, bestaan ongeveer 20% van die bevolking uit werkers uit die naburige Liberië, Burkina Faso en Guinee. Dit het in die afgelope paar jaar geleidelik gelei tot stygende spanning, veral aangesien die meeste van die werkers Moslems is terwyl die inheems gebore bevolking oorwegend Christen (hoofsaaklik Rooms-Katoliek) en animiste is. 4% van die bevolking is van nie-Afrika afkoms. Baie is Frans, Brits, en Spaanse burgers, sowel as Protestante sendelinge van die Verenigde State en Kanada. In November 2004 is omtrent 10 000 Franse en ander buitelanders na veiligheid uit Cote d'Ivoire gebring as gevolg van die aanvalle deur regeringsgesinde jeugdige militias.

Sport[wysig | wysig bron]

Die Ivoriaanse nasionale rugbyspan by die Stade Felix Houphouet-Boigny voor hul Rugbywêreldbeker 2011-kwalifisering teen Zambië op 21 Julie 2008. Ivoorkus het met 32–9 gewen.

Sokker is die gewildste sportsoort in Cote d'Ivoire en dié land het die Afrikanasiesbeker van 1984 gehuisves en die twee toernooie van 1992 en 2015 gewen. Die Ivoriaanse nasionale sokkerspan kon tot dusver drie keer vir die FIFA Sokker-Wêreldbeker kwalifiseer (2006, 2010 en 2014), maar het nog nie die uitklopfase bereik nie.

Rugby is ook 'n gewilde sportsoort en die Ivoriaanse nasionale rugbyspan kon vir die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika kwalifiseer, maar het op die laaste plek geëindig. Hulle kon twee keer die Afrikabeker verower, in 1992 en 2015.

Die Ivoriaanse stad Abidjan het die AfroBasket van 1985 en 2013 gehou en die Ivoriaanse nasionale basketbalspan het die AfroBasket van 1981 en 1985 gewen.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. (en) "Côte d'Ivoire". The World Factbook. CIA. 1 Mei 2018. Besoek op 7 Mei 2018. 
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 (en) "Côte d'Ivoire: Gross domestic product based on purchasing-power-parity (PPP) valuation of country GDP". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 7 Mei 2018. 
  3. (en) "2016 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2016. Besoek op 7 Mei 2018. 
  4. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 2 Maart 2011. 

Bronne[wysig | wysig bron]

  • Goot dele van die materiaal in die artikel is afkomstig uit die CIA World Factbook 2000 en die 2003 U.S. Department of State webwerf.

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]

Regering
Nuus
Oorsigte
Gidse
Toerisme
Ander