Wikipedia:Sandput

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spring na: navigasie, soek

Christo Viljoen[wysig bron]

Hendrik Christo Viljoen, OVD, Pr.Ing, ingenieur, akademikus, is bekend as die “Vader van Tegnopark�� (Stellenbosch). Hy behaal die grade B.Sc., B.Ing. (Elektrotegniese Ingenieurswese, swak- en swaarstroom) aan die Universiteit van Stellenbosch (1959). Later verwerf hy die grade M.Ing. (Elektroniese Ingenieurswese) en Ph.D. (Ing), albei aan die Universiteit van Stellenbosch, waar hy agtereenvolgens as Senior Lektor, Professor in Elektroniese Ingenieurswese, Dekaan (Ingenieurswese) en Viserektor (Bedryf) werksaam is. Hy is getroud met Hana (née Stehlik); die egpaar het drie kinders en sewe kleinkinders. In die openbare domein maak hy bydraes op die terrein van die uitsaaiwese en produk-innovasie en -ontwerp, en die genealogie.