Wikipedia:Voorbladartikel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Jump to navigation Jump to search

Voorbladartikels: die beste van Wikipedia

Cscr-featured.svg

Hier by die Afrikaanse Wikipedia poog ons om spogartikels voor te berei om op die voorblad te pryk. Hierdie artikels verteenwoordig van die beste skryfwerk en is vooraf gekies deur die gemeenskapslede. Dit beteken egter nie dat die artikels nie verder verbeter kan word nie, maar bloot dat dit al reeds meer aandag geniet het.

Tans is daar 349 artikels wat voorbladstatus behaal het, uit 'n totaal van 50 781. Dus verskyn een uit elke 145 artikels op die onderstaande lys. Nomineer gerus potensiële artikels by Kandidaatartikels vir voorblad of bespreek ander gebruikers se nominasies.

Calendar-nl.png

Nuwe toevoegings

Kusdorpie op die eiland Bornholm.

Denemarke (Deens: Danmark [ˈd̥ɛnmɑɡ̊] ) is geleë in Noord-Europa in die gebied wat as Skandinawië bekend staan. Dit is 'n konstitusionele monargie met Koningin Margrethe II as simboliese leier en 'n eenkamerparlement, die Folketinget.

Denemarke is met 'n oppervlakte van sowat 43 000 vierkante kilometer die kleinste van die Skandinawiese lande, maar nogtans die mees digbevolkte en ten opsigte van sy bevolking ook die tweede grootste ná Swede. Denemarke bestaan uit die skiereiland Jutland (Deens: Jylland) - in geologiese opsig 'n uitbreiding van die Noord-Duitse Vlakte - en 'n groot aantal eilande waarvan sowat 100 bewoon is. Seeland (Deens: Sjælland), wat naby die Suid-Sweedse kus lê, is die grootste en mees digbevolkte van die eilande.

Denemarke se hoofstad Kopenhagen is aan die nou seestraat van die Øresund geleë, 'n deurvaart wat van die Kattegat na die Oossee lei. Denemarke se kontrole oor al drie deurvaarte, wat die Atlantiese Oseaan met die Oossee verbind - naas die Sund ook die Groot en Klein Belt (Deens: Store og Lille Belt), het van die land gedurende die Middeleeue 'n Noord-Europese grootmoondheid gemaak wat sy buurlande oorheers en sy magsgebied tot by Noorweë, Ysland, Groenland en die Faroëreilande uitgebrei het. Die twee laasgenoemde gebiede is nog steeds Deense besittings.

Die land vorm in sommige opsigte 'n soort oorgang tussen Middel- en Noord-Europa - sy landskappe en klimaat kom grootliks ooreen met dié van Noord-Duitsland en lyk baie min op dié van die Skandinawiese skiereiland (behalwe vir Suid-Swede).

Vanweë sy taalkundige erfenis - Deens maak deel uit van die Noord-Germaanse en Oos-Nordiese taalfamilie - en 'n gemeenskaplike geskiedenis van meer as duisend jaar, waartydens die land saam met Noorweë of Swede deur dieselfde koningshuis geregeer is, handhaaf Denemarke nou politieke en kulturele bande met die ander vier Nordiese lande Swede, Noorweë, Finland en Ysland.

Denemarke het egter ook in politieke en kulturele opsig steeds 'n brugfunksie tussen Middel- en Noord-Europa vervul. Die Deense koning was as die heerser van Sleeswyk en Holstein ook 'n vors van die Heilige Romeinse Ryk, en Denemarke was die eerste Nordiese land wat by die Europese Unie aangesluit het. Die land het egter geen lidstaat van die Eurosone geword nie.

Ná 'n vinnige industrialisering in die 19de en 20ste eeu het Denemarke, wat nog steeds oor 'n hoogs moderne landbousektor beskik, tot een van die mees gevorderde nywerheidslande ontwikkel. Die land het 'n welvaartstelsel volgens die Nordiese model.

...lees verder
Nasa-Satellietbeeld van Senegal.

Senegal, amptelik die Republiek Senegal (Frans: République du Sénégal), is 'n land suid van die Sénégalrivier in Wes-Afrika. Senegal word begrens deur die Atlantiese Oseaan in die weste, Mauritanië in die noorde, Mali in die ooste en Guinee en Guinee-Bissau in die suide. Gambië vorm 'n enklawe binne Senegal om die Gambiërivier vir meer as 300 km in die binneland in. Die Kaap Verde-eilande lê ongeveer 560 km van die Senegalese kus af.

Senegal is geleë aan die weste van die Afrika-vasteland. Die Senegalese landskap bestaan hoofsaaklik uit golwende sanderige vlaktes van die westelike Sahel wat tot voetheuwels in die suidooste styg. Hier word ook Senegal se hoogste punt aangetref, 'n andersins naamlose 581 m hoë punt naby Nepen Diakha. Die noordelike grens word gevorm deur die Sénégalrivier, ander riviere sluit in die Gambië- en die Casamancerivier. Die hoofstad Dakar lê op die Cap-Vert-skiereiland, die mees westelike punt van vasteland Afrika.

Die plaaslike klimaat is tropies met goed-gedefinieerde droë en nat seisoene wat die gevolg van noordoostelike winterwinde en suidwestelike somerwinde is. Dakar se jaarlikse reënval van omtrent 600 mm vind plaas tussen Junie en Oktober wanneer die maksimumtemperatuur gemiddeld 27 °C is; Desember tot Februarie se minimumtemperature is omtrent 17 °C. Binnelandse temperature is hoër as langs die kus en reënval styg heelwat verder suid en oorskry 1500 mm per jaar in sommige gebiede.

...lees verder

Aardrykskunde

Japan

Aarde - Alexandrië - Alpe - Andorra - Antarktika - Argentinië - Arktiese Oseaan - Arles - Armenië - Australië - Azerbeidjan - Belfast - België - Berg Athos - Berlyn - Bergen - Bernau bei Berlin - Bieszczady - Bordeaux - Brasilië - Bredasdorp - Bretagne - Brussel - Buenos Aires - Bulgarye - Carcassonne - Chicago - Chili - Costa Rica - Darmstadt - Denemarke - Duitsland - Estland - Faroëreilande - Frankfurt am Main - Frankryk - Frans-Guyana - Genua - Georgië - Glasgow - Gotenburg - Hamburg - Hawaii - Helsinki - Hesse - Ierland - Iran - Istanboel - Japan - Johannesburg - Kaapstad - Kaliningrad - Kambodja - Kanada - Kasakstan - Keulen - Krim - Krugerwildtuin - Leiden - Libië - Litaue - Los Angeles - Madagaskar - Malawi - Malta - Meksiko - Milwaukee - Moldowa - Monaco - Mont-Saint-Michel - Montreal - Montreux - Moskou - Namibië - Nedersakse - Nieu-Seeland - Noord-Ierland - Noorweë - Normandië - Nyldelta - Oekraïne - Paaseiland - Parys - Perth - Pireneë - Pole - Port Elizabeth - Potsdam - Pretoria - Provence - Quebec - Réunion - Reykjavik - Rio de Janeiro - Rusland - São Paulo - Senegal - Siberië - Skerryvore - Skotland - Slowakye - Straatsburg - Suid-Afrika - Svalbard - Swartwoud - Swede - Switserland - Sydney - Tahiti - Thailand - Tornado - Tsoenami - Turyn - Uruguay - Valencia - Verenigde State van Amerika - Vermont - Vilnius - Waalse Gewes - Washington, D.C. - Wes-Australië - Ysland - Zambië - Zürich


Biologie

Seekoei

Afrika-rotsluislang - Berghaan - Blouwalvis - Buffel - Dinosourus - Fotosintese - Gewone luislang - Gordeldier - Kat - Koraal - Kryt-Paleogeen-uitwissing - Leeu - Mens - Menslike evolusie - Mos - Pikkewyn - Poema - Pylsterteend - Rot - Saffraan - Seekoei - Sekretarisvoël - Swangerskap - Tierluislang - Ysbeer


Geskiedenis

Bomwerpers oor Japan tydens die Tweede Wêreldoorlog

Amerikaanse Rewolusie - Andries Pretorius - Anne Frank - Antieke Egipte - Apartheid - Assirië - Berlynse Lugbrug - Boerekrygsgevangenes - Cetshwayo kaMpande - Cicero - Cité de Carcassonne - Duitse Demokratiese Republiek - Etruskers - Francis William Reitz - Fritz Joubert Duquesne - Gallië - Goelag - Heinz Guderian - Homeros - Indusvalleibeskawing - Jan Christian Smuts - Jesus van Nasaret - Johanna van Arkel - Kathaar - Kosakke - Koue Oorlog - Kruistog - Kulturele Rewolusie - Memphis (Egipte) - Middeleeuse kookkuns - Mongoolse Ryk - Adriaan Moorrees - Namibiese volksmoord 1904-1908 - Fridtjof Nansen - Nikolaas II van Rusland - Operasie Entebbe - Opstand in die Warskou-ghetto - Palmyra - Perikles - Plinius die ouere - Pous Pius IX - Pous Silvester II - Russiese Rewolusie 1917 - William Philip Schreiner - Slag van Magersfontein - Slag van Stalingrad - Hans Strijdom - Helen Suzman - Tweede Wêreldoorlog - USS Constitution - Victoria van die Verenigde Koninkryk - Winteroorlog


Kultuur en samelewing

Twee Australiaanse spelers voer 'n harde duikslag op 'n Engelse speler uit

Afrikaanse kerkbou in die Karoo - All Blacks - Barnsteen - Simone de Beauvoir - Christiaan Frederik Beyers - Boeddhisme - Borsjt - Ted Bundy - Byeboerdery - Petrus Coetzee - Cristina Fernández de Kirchner - Dagbreek - Marie Koopmans-De Wet - Die Transvaler - Die Vaderland - Egiptiese mitologie - Ekonomie van Suid-Afrika - Frans Engelenburg - Ganesja - Geestesteuring - Gereformeerde kerk Humpata - Geskiedenis van erotiese afbeeldings - Groot Markplein van Brussel - Hadj - Carl Otto Hager - Adriaan Hofmeyr - Jan Hendrik Hofmeyr - Jode in Suid-Afrika - Kaas - Kleurlingstemregvraagstuk - Mabel Malherbe - Johannes Meintjes - Middeleeuse kookkuns - Andrew Murray - NG gemeente Fordsburg - NG gemeente Rondebosch - Oktoberfest - Olimpiese Somerspele 2008 - Olimpiese Somerspele 2012 - Oosters-Ortodokse Kerk - Paralimpiese Somerspele 2008 - Paryse Metro - Posseël - Dirk Postma - Reinheitsgebot - Rooiplein - P.D. Rossouw - Rugby - Rugbywêreldbeker 2007 - Rugbywêreldbeker 2011 - Seksualiteit in antieke Rome - Sider - Sisiliaanse Mafia - Skaak - Slawiese mitologie - Springbokke - Suid-Afrikaanse militêre dekorasies: 2003- - Swabies-Alemanniese Karnaval - Tafeltennis - Herman van Broekhuizen - Verenigde Party - Vlag van Argentinië - Vlag van Armenië - Vlag van Australië - Vlag van Azerbeidjan - Vlag van Brasilië - Vlag van Chili - Vlag van die Filippyne - Vlag van die Verenigde Koninkryk - Vlag van die Verenigde State - Vlag van die Volksrepubliek China - Vlag van Europa - Vlag van Indië - Vlag van Japan - Vlag van Kanada - Vlag van Meksiko - Vlag van Nieu-Seeland - Vlag van Puerto Rico - Vlag van Singapoer - Vlag van Suid-Afrika - Webjoernaal - Wladimir Poetin - Wyn


Taal- en letterkunde

Padteken in Wallies

Afrikaans - Fins - Frans - Hamlet - Henry James - Mabel Jansen - Adam Mickiewicz - Nederlands - William Shakespeare - Sweeds - Taal - Verskille tussen Afrikaans en Nederlands - Wallies


Die Kunste

'n Strokiesverhaal

Ingmar Bergman - Bucchero - Samuel Cronwright - Salvador Dalí - Marlene Dietrich - documenta - Paul Gauguin - Katedraal van Vilnius - Klooster - Krugerstandbeeld - Kuns - Leonardo da Vinci - Modernisme - Marita Napier - Oscar Niemeyer - Jacobus Hendrik Pierneef - Johan de Ridder - Leni Riefenstahl - Staafkerk van Borgund - Sosialistiese realisme - Strokiesverhaal - Topkapi-paleis - Rembrandt van Rijn - Leonore Veenemans - Andy Warhol


Sterrekunde en ruimtevaart

Saturnus

Aarde - Andromeda-sterrestelsel - Europese Suidelike Sterrewag - Hubble-ruimteteleskoop - Komeet - Maan - Maanlanding - Mars - Melkweg - Pluto - Saturnus - Sonnestelsel - Ster - Sterrestelsel - Veranderlike ster


Wetenskap en tegnologie

Wankelenjin

Aardverwarming - Airbus A380 - Binnebrandenjin - Concorde - Differensiaalrekening - Gemenedrukbuisbrandstofinspuiting - Geskiedenis van die Aarde - Glas - Hardeskyf - Hernubare energie - Kamera - Laser - Parasetamol - Patent - Pi - Poolkoördinatestelsel - Ignaz Semmelweis - TGV - Tegnesium - Tempelhof-lughawe - Toekoms van die Aarde - Uraan - Wankelenjin - Waterstof - Yster


Voorbladartikels 2005Voorbladartikels 2006Voorbladartikels 2007Voorbladartikels 2008Voorbladartikels 2009Voorbladartikels 2010Voorbladartikels 2011Voorbladartikels 2012Voorbladartikels 2013Voorbladartikels 2014Voorbladartikels 2015Voorbladartikels 2016Voorbladartikels 2017Voorbladartikels 2018




Indien die voorblad nie verfris word met die nuwe week se artikel nie, of indien die geskiedkundige herdenkings steeds die vorige dag se inskrywings vertoon, kan u gerus hier klik sodat dit verfris word.